Store ** All-natural skin and healthcare products **

*** FREE SHIPPING in South Africa on orders over R1200***

Note: **Shipping options for Pudo Locker to Locker starting at R80 per parcel available at Checkout!!

What one of my special customers has to say: “Every time I use any of the Et haKallah products I can feel the love, time and thought that went into creating each unique and special product! From the shampoo (which is nice and foamy), facial wash, creams (all types) to the natural sunscreen! I have a cherry lip balm in different places in our house, car and handbag, so that I never have to go too far to find one. Maybe that’s my favourite product, but then I use the sunscreen stick and think, that’s my favourite, then the cream bar….and so it continues. Everything always smells amazing!! I’m so thankful to Karien and her team for walking in obedience by creating all of these products with such great quality! And I always get this urge to praise Abba while I use these products… Can’t wait to see what they still have up their sleeves in the future!”

Home / Shop

OASE - deur Stefani Serfontein (eBoek)
ZAR R150.00
OASE - deur Stefani Serfontein (eBoek)
OASE - deur Stefani Serfontein (eBoek)
OASE - deur Stefani Serfontein (eBoek)
OASE - deur Stefani Serfontein (eBoek)
OASE - deur Stefani Serfontein (eBoek)
OASE - deur Stefani Serfontein (eBoek)
OASE - deur Stefani Serfontein (eBoek)
OASE - deur Stefani Serfontein (eBoek)
OASE - deur Stefani Serfontein (eBoek)
OASE - deur Stefani Serfontein (eBoek)
OASE - deur Stefani Serfontein (eBoek)
OASE - deur Stefani Serfontein (eBoek)
OASE - deur Stefani Serfontein (eBoek)
OASE - deur Stefani Serfontein (eBoek)

Home / Shop

OASE - deur Stefani Serfontein (eBoek)

ZAR R150.00
Model Number: eB-OASE
Maximum quantity exceeded
Minimum purchase amount of 0 is required
Maximum purchase amount of 0 is allowed
Your Price: ZAR R150.00
150.000
A one-time price of ZAR R150.00 will be added to your order.
Facebook
X
Email
Pinterest
Google+
LinkedIn
MySpace
Digg
Delicious
  • Description
Stefanie Serfontein, skrywer van OASE.

Terwyl ek (Karien, van Et haKallah) hierdie boek self gelees het, het ek net gewens ek kan dit deel met elke persoon wat lief is vir lees in Suid-Afrika!  En met elkeen deel wat soos ek, lief is vir stories met hoë morele waardes! Selfs hulle wat nie lief is vir lees nie, sal hierdie boek nie kan neersit nie. 

'n Perfekte geskenk vir enige persoon, jonk of oud, wat lus is vir 'n skoon, realistiese, dog avontuurlike spannende roman.

Die skrywer, Stefani Serfontein, het haar goed van haar taak gekwyt om werklike feitelike gebeure en plekke in die wêreld fyn te verweef in gedetailleerde intriges in die karakters se opwindende lewens.  Aan die einde van die boek, behoort ál die hoofkarakters ook vir jou soos jou eie bekende geliefdes te voel..

Opsomming:

In die Negev-woestyn in die suide van Israel word Sarah deur 'n Arabier aangeval sonder dat sy die vaagste benul het waaroor dit gaan. Toe sy haar bewussyn herwin, is daar weer 'n donker man aan haar sy, maar Ari'el is 'n Israeli, 'n mediese dokter.  In die weke wat hy oor haar gesondheid waak, ontstaan daar 'n intense verbintenis tussen hulle wat gou liefde word en hierdie liefde word gevoed deur hulle gemeenskaplike geloof in God.

Rondom hulle is die wêreld egter allermins 'n oord van vrede en liefde.  Soos die magstryd om beheer in die buiteland en in Suid-Afrika ontvou, word dit vir Ari'el en Sarah duidelik dat daar 'n lewensgevaarlike stryd voorlê voor hulle bymekaar sal kan wees - ás dit moontlik is.

In Kaïro smee die Drie Broeders bose planne;  hulle plig as vryheidsvegters in diens van Islam.  Vir die buitewêreld is hierdie fanatici egter terroriste.  En in Suid-Afrika is Sarah en Ari'el bloot in die pad van die Broeders se groter plan wat korrupsie en afskuwelike geweld insluit.

Of hierdie twee mense ooit sal tuis kom in hulle oase van liefde, weet hulle nie.  Maar dié wonderlike woorde uit Hooglied is vir altyd hulle s'n:  Anee l'dodi, v'dodi li.  Ek is my beminde s'n en hy is myne.

Hoe dit werk:

'n Gedrukte weergawe van hierdie pragboek, is ongelukkig nie meer beskikbaar nie.  Daarom het ons dit goedgedink om hierdie boek as 'n eBoek te versprei om sodoende meer mense in Suid-Afrika die geleentheid te bied om hierdie boek te kan lees.  Jy het geen spesiale applikasie soos bv Kindle, nodig om die eBoek te kan lees nie.

Sodra jou betaling deur ons stelsel opgetel word, sal jy toegang verkry tot 'n pdf dokument waarin daar 'n skakel (link) is wat jou direk na die elektroniese boek toe sal lei.  Jy kan self besluit of jy dit op jou foon, tablet of rekenaar wil lees.  Indien jy die boek vir jou ma of enige geliefde koop, het jy toestemming om die pdf dokument aan hulle aan te stuur vir hul eksklusiewe gebruik.  Met die aankoop van hierdie eBoek, stem jy ook toe om nie hierdie pdf dokument aan enigiemand anders aan te stuur nie.  Baie dankie dat ons kan staatmaak op jou eerlikheid!!  Daar het duisende ure ingegaan in die navorsing en skryf van hierdie pragboek - kom ons gee die skrywer wat haar toekom!!

Mag jy ure se leesgenot ervaar met die lees van hierdie spannende roman!

Maak seker om uit te kyk vir die opvolg-boek wat ook eersdaags hier beskikbaar sal wees!!

** Please contact me personally (karien@ethakallah.co.za) if a product you need is out of stock. Maybe it is only for a day or two and then I will be able to send you the product. 😉 ***

These products are here to assist the Bride of Yeshua to prepare in body, soul and spirit for the wedding of the Lamb….

NB: No orders will be processed on Saturdays (Shabbat) or other biblical holidays.